VIDEO: Oosterlig leerling wen ATKV-landswye redenaarskompetisie

Bella Letlhake presteer op kultuur en akademiese vlak by haar skool, Hoërskool Oosterlig.

Gladdebekke Oosies bewys dat die stem van die jeug nog helder in ons land klink.

Sy wen die Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10 tot 12 voorbereide afdeling en verwerf ook die trofee as Beste Taalgebruiker.

Daar was ongeveer 20 finaliste in hierdie afdeling.

Bella het ook in Graad Sewe dieselfde afdeling – Afrikaans Eerste Addisionele Taal voorbereid – gewen.

Vanjaar se tema was ‘Mag’ en die onderwerp van haar toespraak was ‘Saam staan gee mag’.

“In my toespraak redeneer ek dat die jeug ’n sê het in politiek, ekonomie en media,” sê Bella.

“Daar moet na ons geluister word en as ons as jeug saamstaan kan ons ’n impak hê.”

Haar redenaarsafrigter, Rita Pienaar, het die toespraak geskryf en Bella het ook ’n bydra gelewer.

Die hoogtepunt vir Bella was die stemboodskap van gelukwensing wat sy vanaf Refentse, bekende Afrikaanse sanger, ontvang het.

Sy is ’n groot aanhanger van hom en haar droom was dat hy haar na haar matriekafskeid vergesel, maar dit het ongelukkig nie gerealiseer nie.

Bella woon in Freeway Park en kan drie tale vlot praat en verstaan: Tshwana, Afrikaans en Engels.

Bella Letlhake, ’n Graad 12-leerling van Hoërskool Oosterlig, het as wenner uit die stryd by die ATKV-landswye redenaarskompetisie getree.

Hier-en-daar kan sy ander Afrika-tale verstaan.

Sy is haar ouers se enigste kind en presteer op kultuur sowel as akademiese vlak.

Bella het nog altyd ’n passie om voor mense te praat en wou nog altyd ’n sê hê.

Reeds in Graad Een het sy gedigte vir kunswedstryde voor gehore opgesê en in Graad Drie en Vier het sy aan redenaars begin deelneem.

Noudat haar skoolloopbaan einde se kant toe staan wil sy haar liefde vir redenaars voortsit as beoordelaar, afrigter of om by die skryf van toesprake betrokke te raak.

Voorlopig, is haar oë op die rekordeksamen, waarmee sy tans besig is, en die opkomende eindeksamen te vestig.

Volgende jaar gaan sy LLB aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Die skool sê baie geluk aan Bella met hierdie wonderlike prestasie en wens haar alle sterkte met haar toekomsplanne toe. Redenaars by Hoërskool Oosterlig vier hoogty!

Twee junior leerders en susters, Jeanette en Leane Kok, het ook na die landswye finaal te Goudini Spa deurgedring.

  AUTHOR
Ischke de Jager

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

African Reporter
Benoni City Times
Boksburg Advertiser
Brakpan Herald
Germiston City News
Springs Advertiser
Tembisan


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

African Reporter
Benoni City Times
Boksburg Advertiser
Brakpan Herald
Germiston City News
Springs Advertiser
Tembisan

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: