Concordia landloop skop af op hoë noot

Concordia se landloop span saam met die afrigters, Tharina Steyn (links, agter) en Sandra van Dyk (tweede van links, agter).

Laerskool Concordia het ‘n byeenkoms aangebied en al die laerskole in Boksburg het deelgeneem.

Daar is sewe byeenkomste waarvan die SAs die laaste byeenkoms is.

Die eerste 20 leerlinge van elke skool dring deur na die volgende rondte wat die Boksburg se kampioenskappe is.

Dit vind plaas op 16 Augustus, te Boksburg stadion.

Daarna is dit die Distrik Ses kampioenskappe wat plaasvind op Vrydag, 18 Augustus.

Die leerlinge begin in die ouderdomsgroep van o-9 dogters en seuns tot by o-13 dogters en seuns.

Hulle lê afstande tussen 2km en 4km af.

  AUTHOR
Ischke de Jager
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top