KYK VIDEO: Skep ’n winterfees in jou tuin die nuwe seisoen

Elaine Kuschke en David Viljoen, van Mercury Designs.

So is sy kreatiwiteit ‘n hupstoot gegee.

David is ’n landskapsargitek van Mercury Designs en het ook al baie televisie programme, onder andere Tuine en Tossels, aangebied.

“Ek is dankbaar dat ek kreatief grootgemaak is,” het David gesê.

David het op 18 April by die Sarie Klub te Summer Place, ’n praatjie gelewer met die tema Herfs/Wintersfees.

Hy het ook oulike, eenvoudige idees deur middel van demonstrasies gedeel en dit aan ’n paar gelukkige dames gegee.

David het vanaf ’n baie jong ouderdom tyd saam met sy ma in die tuin deurgebring.

 

“Ons het lekker saam in die tuin gewerk; elke Saterdag het ons goedjies gedoen. Ek het baie goeie herinneringe van dit,” het David gesê.

“Toe ek in Graad Een was het ons tuin ‘n toekenning gewen en dit is ook die jaar wat my ma oorlede is. Sy het die saadjie van tuinmaak in my hart geplant.

“Soveel keer plant ons ook saadjies in mense se lewens. Baie keer besef ons nie wat ons doen vir ander mense en wat ons vir hulle beteken nie.”

Volgens David, werk vandag se kinders nie meer in die tuin nie en word hulle nie aan kreatiwiteit blootgestel nie.

David het oulike, eenvoudige idees deur middel van demonstrasies gedeel.

“As jy ’n klein kind het, plant ’n saadjie of mielies saam met hom, oes die mielies, maak dit gaar, smeer botter op en eet só dat dit op die kind se wange sit,” het hy gesê.

Vir David gaan kreatiwiteit oor detail; hy is mal oor klein stukkies detail en hou van alles wat anders is.

“Kreatiwiteit is ’n klein lavender blommetjie op iemand se kussing as hulle gaan slaap in die aande. Kreatiwiteit kan wees om ’n groot herfs blaar uit die tuin te vat en om ’n boodskap daarop te skryf en dit onder iemand se windskerm in te sit,” het hy verduidelik.

David beskryf herfs as ’n mistroostige tyd.

Lekker gesellig kuier Verita Moller (links) en Anneke van der Walt.

Hy vind dat baie mense ’n immergroen boom bo ’n bladwisselende boom verkies.

“Alle bome verloor blare – bladwisselende bome gooi alles in een maand af en immergroen bome gooi sy blare reg deur die jaar af,” het David gesê.

“Dus is ’n immergroen boom meer werk as ’n bladwisselende boom.”

“Dit is ’n goeie idee om ‘n bladwisselende boom buite jou venster te plant. In die somer is hy vol blare en jy het koelte en in die winter het al die blare afgeval en jy het lekker son.

David is ’n kreatiewe landskapsargitek en het ook al baie televisie programme, onder andere Tuine en Tossels aangebied.

Hy het gesê al die blare wat ’n bladwisselende boom afgooi in die winter gaan lê onder die boom.

“Die blare is die mees sensitiewe deel van die boom, dus gooi hy dit af om homself teen die koue te beskerm en maak hy vir homself ’n kombers om sy wortels,” het hy gesê.

Wanneer blare op die grondoppervlakte lê, is daar grondorganismes wat die blare ontbind.

Basies, al hierdie voedingstowwe wat in die blare is word herwin en gaan terug in ons grond na die wortels van die boom.

Soos hierdie blare ontbind veroorsaak dit kompos en dit help met die vrugbaarheid van die grond.

Volgens hom doen ’n mens die grond baie skade aan wanneer jy dit spit.

“Moet nooit spit in julle tuin nie. As ons spit, breek ons die plante se klein wortels af. Dit beteken dat die plante gaan stagneer en hulle gaan nie lekker groei nie,” het David gesê.

“In die grond het ons verskillende grond lae met organismes en hierdie organismes is net-net in die boonste stukkies van die grond.

“As ons die grond spit, gooi ons die organismes dalk dieper in die grond waar hulle kan versmoor.

“Hoe meer ons spit, hoe meer gaan ons ook die grond kompakteer.

“As jy ’n nuwe erf het en jy wil tuin begin maak, los eerder die hele plek onder onkruid, want dis beter om onkruid op die grond oppervlakte te hê as om geen grond te hê nie,” meen David.

  •  Hoe bedek ons die grond in ons tuin?

“Ons kan ’n grondbedekking, spoelklippe, bas, ’n lae struik en trapblokke gebruik. Enige van hierdie maak die grondoppervlaktes toe.

“As jy te min plante het, maak net een bedding mooi en laat hy gevestig word. Hierdie plante kan jy later verder verdeel en dit gebruik in ’n nuwe bedding.

“Hierdie laag kombersie bo die grond word in Engels mulsh genoem.

“Die voordele van ’n mulsh is dat daar minder verdamping uit die grond is, dus hoef ons minder water te gee; daar is meer grond organismes in die grond; dit hou die grond temperature meer konstant – veral in die winter; en dit onderdruk ook onkruide om deur te groei,” het David gesê.

“Die enigste tyd wanneer ons spit, is wanneer ons kompos inwerk of ’n gat grou om ietsie in te sit. Moeder natuur kyk na homself in hierdie manier.

“Plante groei nie so aktief in die winter nie omdat hul metabolisme afneem, maar hulle het nogsteeds water en kunsmis nodig.

“Wanneer laas het jou plante lekker geëet?” het David gevra.

As ’n mens plantvoedingstowwe toedien, dien verskillende stowwe toe.

“Wissel jou plante se kunsmis af. Gee vir hulle elke keer iets anders om hulle ook dan sterker te maak en op ander maniere te stimuleer.

“In die winter, moenie jou plante baie stikstof gee om hul groei te stimuleer nie, want die nuwe groei is baie sag.”

David beveel ook aan dat jy nie die dooie blare afsny wanneer jou plante deur ryp geslaan word nie.

“As hy ryp gevang het dan verlep hy nou so met die dooie blare – die dooie blare beskerm hom basies.

“Wanneer ons daardie blare afsny, kry die plant weer koud en dan het ons meer rypskade op ons plante.”

  •  Hou David se kolom ‘The Garden Root’ elke tweede week in die Advertiser dop vir meer tuinwenke.
  AUTHOR
Ischke de Jager
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

benonicitytimesbrakpanheraldspringsadvertiserafricanreportergetit looklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

African Reporter
Benoni City Times
Boksburg Advertiser
Brakpan Herald
Germiston City News
Springs Advertiser
Tembisan


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other